Akteurs

STEFAN LÖTTER

STEFAN LÖTTER is gebore en het matrikuleer in Kroonstad, Vrystaat. Hy het ekonomie by die Universiteit van die Vrystaat geswot, maar sy passie was nog altyd die kunste. Hy is voormallige OFM omroeper en het in 2023 die mikrofoon verruil vir ‘n akteursloopbaan. Hy is onlangs te sien as Jong Gys in die KykNet telenovela Diepe Waters. Hy was ook PJ in die Mediese Drama, Hartklop. Sy liefde vir teater kom al van kleins af en sien baie uit vir die nuwe uitdaging saam Lefra Produksies. Stefan speel die rol van Gavin, John en Barbara Smith se seun. Die snaakste deel vir my in My Boetie se Sussie se Ou is sy interaksie met Stanley wat se liegstories so sneeubal dat dit totaal waansinnig raak, en Gavin is die heeltyd in die donker en vra onskuldige vrae.

BOTHA ENSLIN

BOTHA ENSLIN woon in Silverton, Pretoria en het geswot aan destydse Technikon Pretoria onderleiding van Woutrine (Theron) Foord. Daar het hy sy Nasional Diploma vir Drama in 2003 verwerf. En het dadelik begin werk in die bedryf. Hy het talle verhoogproduksies, Tv en radio advertensies op die kerfstok. Hy was te siene in Rhythm city, Generations, Isigingo, Thys en Trix en ‘n paar Silwerskerm films. Hy het ook talle Radio dramas gedoen vir RSG. Tans is hy besig met Liewe Heksie, repetisies vir Die Pomporrel Konsert en is binnekort te sien in Showmax se nuwe reeks, Horisonne. Hy is ook ‘n eiendomsagent. Stanley Gardner is John Smith se bestel pêl en help hom uit baie moeilikse situasies uit alhoewel hy die meeste vandie moeilikheid begin. Die snaakste deel van die stuk is hoe maklik mense situasies misverstaan en daarmee hardloop sonder om ‘n duidelike verduideliking te verwag. Dit is maar so soms in die lewe ook. En ek lag oor die lewe, want dis ‘n klug!

DANIELLE BRITZ

DANIELLE BRITZ is gebore in Pretoria en het haar Meesters in Drama en Film Studie voltooi by die Universiteit van Pretoria in 2018. Daarna het sy haar passie vir reis uitgeleef en na lande soos Sjina, Turkye, Malasië, Thailand, Oostenryk en Amerika getoer. Sy het ‘n verskeidenheid teater produksies gedoen, soos Lefra Produksies se vorige klug, My Vrou Se Man Se Vrou, en The Dorothy Complex in samewerking met die Brasiliaanse ambassade. Sy het ook ‘n klein draaitjie op Sewende Laan gemaak voor dit geeindig het. Danielle het ook ‘n passie vir akademisie, meer spesifiek die konvergensie tussen antropologie en filmstudie, en is tans besig om ‘n nagraads in antropologie te voltooi. Sy begin in 2025 haar PhD in Film Studies en Antropologie met fokus op kontemporêre Afrikaanse films. Danielle speel Barbara in My Boetie Se Sussie Se Ou. Barbara is John se tweede vrou en hulle is doodgelukkig. Sy en haar seun, Gavin, is besties! Hulle is vreeslik omgekrap wanneer hulle hulself by die ander Smiths, die deurmekaar, chaotiese Smiths, aan die anderkant van die bult bevind. Maar Barabara het ‘n goeie, (of dalk bietjie sadistiese) hartjie, en glo sy kan help deur stresterapie. Die snaakste gedeelte van My Boetie Se Sussie Se Ou is beslis die interaksie tussen Stanley Gardner (Botha Enslin) en sy pa, Dêda (Nico Loubser). Dêda, ‘n bejaarde man, kry sommer nuwe lewe (op verskeie maniere) wanneer hy Barbara ontmoet! Vir die lesers wat nie heeltemal verstaan nie: kom kyk die show!

NICO LOUBSER

NICO LOUBSER het na 10 jaar as Wiskunde en Rekeningkunde-onderwyser in 1989 sy TV debuut in verskeie SAUK-TV reekse soos MEEULANDERS, THE GAME II sowel as ARENDE 1 AND II (waarin hy die rol van Jacobus Niemand vertolk het) gemaak. He tree destyds in verskillende toneelstukke in Stellenbosch, die Paarl en Kaapstad op – ANDORRA (saam met Dawid Minnaar), AN INDIAN SUMMER (Deon Opperman). AAND VAN DIE 19de, LAASTE VAN DIE TAKHARE, TERWYL DIT OM ONS BRAND, die PAARL 300 Feesdrama, om maar ‘n paar te noem. Hy was destyds ook gereeld in radio- vervolgverhale op RSG gehoor. In 1999 verhuis hy na Gauteng en as gevolg van sy veeleisende beroep as aftreefondskonsultant vir ‘n groot versekeraar was hy relatief onaktief in die vermaaklikheidswese totdat hy in 2017 aan die in the Nasionale Eisteddfod in die Senior Afdeling begin deelneem het. Sedert hy in 2021 by Thespians Talentagentskap aangesluit het, het hy reeds in die KykNet telenovela, DIEPE WATERS, as die bibliotekaris, Gideon, verskyn, sowel as in AFRIFORUM TV se reeks, BLITSBULLETIN en die 2024 Silwerskermfees kortfilm, LIEWE DUDU..
Hy het in 2023 sy terugkeer tot die verhoog op die Suidoosterfees in Zack Mtombeni se ATKV-dramaprys-finalis-produksie, ANTWOORDE, gemaak. Die uitverkoopte drama het ‘n staande ovasie ontvang en is ook positief ontvang in die Theatre on the Square (Sandton City) in Augustus 2023. In November 2023 het hy saam met Johnny Potsanyane en Menandi Swiegers in Helena j se nuutgeskrewe drama, BUFFELS BYT NIE, voor verskeie waarderende gehore in die Noord-Kaap ogetree. Nico is aktief betrokke by oorklanking van Turkse reeks in Afrikaans en vertolk die rol van Magistraat in die grondeverskuiwende eerste potcast drama, STRIPPED van Baird Media wat vanaf 25 September 2024 gehoor kan word. Hy vertolk die rol van Dêda, Stanley se seniele ou pa, wat boonop hardhorend is.
Die snaakste deel van die stuk vir my is dat al die karakters vir Dêda aanvaar soos hy is en dat hy in die proses met karaktermoord wegkom!

NIKITA MEYER

NIKITA MEYER is gebore in 2005, aan die Oos Randse geskiedenisryke gouddorp, Springs. In 2023 voltooi sy haar skoolloopbaan en matrikuleer aan Hoërskool Hugenote Springs. Sy is van kleintyd af ‘n leergierige mens, en dit het daartoe gelei dat sy aan verskeie skoolproduksies sowel as gemeenskapsteater deelneem. Sy het verskeie rolle vertolk in noemenswaardige TienerToneel teaterproduksies, waar ‘n enkele stuk “Tussen Die Lang Grasse” landsfinale standaard bereik het, onder die rgie van Jacobus en Wayne van der Schyff Smal. Sy is tans ‘n voltydse Bcom student aan Akademia Universiteit, en sien uit om unieke balans te vind tussen haar akademiese verantwoordelikhede en haar passie vir die kunste. Sy vertold die rol van Vicky Smith in die Produksies My Boetie se Sussie se Ou. Vicky Smith is rebellies en uitdagend van aard. Sy is slim en manipulerend in haar teenstrydige soeke na vryheid. Die deel gevul met die meeste humor in die stuk My Boetie se Sussie se Ou, is dit waar Vicky moet kennis maak met die finale ontknoping van haar gesin se dinamika, en uiteindelik haar ouers se gesag verder bevraagteken.

MARISSA CLAASEN

MARISSA CLAASEN is n aktrise, stem kunstenaar en sanger. Sedert sy haar Drama graad verwerf het in 2013, was sy te sien in teater produksies reg oor die land. Sy het onder andere die rol van Nina van Rooyen vertolk in ‘Fiela se Kind’ en Mary Smith in die klug ‘My Vrou se Man se Vrou’. Meer onlangs was sy op die planke in die Absurde-komedie ‘Hospitale, Kateters en Familielede’. Wat televisie betref, sal Binnelanders-kykers haar ken as befaamde Sharon Basson. Deesdae is sy ook te sien in die Kyknet reeks, ‘Arendsvlei’ as Anna de Wee. Sy het ook n verskyning gemaak as dokter in die Amazon Prime reeks, ‘In Your Dreams’ en as Prokureur, Mev Laurie in ‘Diepe Waters’. Sy sal ook binnekort te sien wees in die Kyknet reeks, Suidooster. Marissa is ook n stemkunstenaar wat gereeld haar stem uitleen aan verskeie karakters in oorklankings projekte, advertensies en animasies. Sy het onlangs haar heel eerste enkelsnit vrygestel, ‘Dans In Die Reën’, in samewerking met die musiek groep Van Kose. Sy speel graag kitaar en klavier en skryf haar eie musiek. Marissa vertolk weer die rol van Mary Smith in ‘My Boetie se Sussie se Ou’ en is veral bly dat sy oor die jare saam met die karakter kan groei. Mary is n goeie vrou met standvastige waardes wat baie mooi na haar man en kind omsien. Dit is moeilik om n enkele, snaaksste gedeelte uit te sonder, maar Stanley se histerie, Mary se gejaag met n mes en Dêda se siniele vrae sorg vir baie lag in dié Lefra klug.

PHILLRU VAN ACHTERBERGH

PHILLRU VAN ACHTERBERGH het geswot by TUT en het viñnig in die professionele drama wêreld inbeweeg. En het betrokke geraak met Kinder teater onder andere Liewe Heksie in 2016 vertolk hy die rol van Andrê in Porselein waarvoor Hy as beste akteur benoem was by die Naledi teater toekennings. Daarna vertolk Hy Benjamin Koemoetie in die beroemde Fiela se kind. Hyt gespeel in verskeie klugte Soos: ‘My oom se lyk se tas’, ‘Boetie se baba’, ‘Daa Gaat’ die bruid’ en My vrou se man se vrou’ In televisie met rolle in Generations en Isidingo asook later sy buiging gemaak in Knapse Kêrels asook Binnelanders. Hys bekend vir sy RSG Middag vervolg verhale en was te hoor in ‘Veraad Cast’, Spoke van Duinebult asook die hoofrol is Anton Treurnich se ‘DOR’. Tans besig met sy eenman vertoning ‘Groet die Grotman 2’ en natuurlik ‘My Boetie se Sussie se ou’ Hy is ook die Hoofbeoordelaar van die Tiener Jeug Teater fees ‘FAK Allegretto Toneelfees’ wat sy 6de bestaansjaar gevier het. Hy vertolk die Rol van John Smith in Lefra Produksies se nuwe klug ‘My Boetie se Sussie se ou’ met onderleiding van Frans Swart. John is nogsteeds ‘n Taxi Bestuurder uit London en is gestroud met twee vrouens, Mary en Barbara Smith wat Bly in Highgate en Fincley onderskeidelik. Maar Hy het send en dogter by elk van hulle. Die kinders vind uit oor mekaar op die Internet, en reël om mekaar te sien vir tee. John vind uit van die gebeuremis en probeer alles in sy vermoë om die twee van mekaar af te skei. So gooi Hy Stanley sy beste vriend onder die bus om saam hom te lieg en te bedrieg om Seker te maak die twee Bly uit mekaar uit. John kry homself diep in die moeilikheid, maar alles kom reg op die einde van de dag . Die manier hoe John en Stanley vir mekaar opstaan is wonderlik, en hulle verhouding is besonders, dit laat vir bitter snaakste oomblikke tussen mekaar asook die kinders. Een ding wat uitstaan is die manier hoe Stanley verskillende karakters begin vertolk hoe meer Hy lieg, en dit maak vir wonderlike komiese vermaak.